|
Ons Restaurant, bekend as DIE WAENHUIS OUTENTIEKE BOEREKOS RESTAURANT, is veel meer as net ‘n eetplek. Saam ons vriendelike personeel word ‘n maaltyd ‘n ervaring en nie net ‘n ritueel nie. Hier kan ons gaste gerus saam hul families en vriende smul aan Traditionele Boerekos, Potjiekos en tot Malvapoeding vir nagereg. Die Waenhuis Restaurant is die ideale Familie Restaurant waar elkeen met trots in Afrikaans onthaal word. Soos in ‘n tydkapsule kan u instap en die Boere Geskiendenis herleef. Van die kroegsitplekke, in die vorm van perdesale, tot ‘n kaggelvuur in die winter. In ons ruim eetsaal het die kunstenaar Paula van Emmenis en van haar talentvolle familielede ons mure laat herleef met skilderye van realistiese ossewaens, Voortrekkers en treffende portrette van Siener van Rensburg tot ‘n Burger met sy bandelier wat uittuur oor die veld. Elke skildery vertel ‘n storie en die mure is soos ‘n geskiedenisboek. Pragmeulbels, fotos, graveerkuns is van heinde en verre bymekaar gemaak wat van ons restaurant ‘n lewende museum, vermaakplek en kuierplek maak. Die Waenhuis kan +/- 100 mense vergesel/onthaal en is ideaal vir werksfunksies, familie feeste, troues, reunies of net ‘n lekker kuier saam vriende. Ons braai fasiliteite laat jou toe om in jou eie gemak ‘n vleisie op die kole te braai terwyl verskeie kunstenaars elke Woensdag, Vrydag en Saterdag musiek maak - ...trots in Afrikaans...
|